Opsommerderwys kan dus gesb word dat hierdie konstruksies dikwels 'n toutologie van die onderwerp van die gesprek, of iets wat daarmee verband hou, is. Betekenis word as't ware onderhandel en dit is nie die gewone denotatiewe betekenis wat geimpliseer word nie, maar konteksspesifreke eienskappe (wat sorns baie individueel kan wees, afhangende van die onderhandelde gedeelde kennis). Omdat die referent(e) in fokus is, met ander woorde die middelpunt van aandag, kan die spreker redelik seker wees, a1 oortree hy die gespreksvoorwaarde Kwantiteit, dat die hoorder die regte gespreksimplikasie sal uitwerk en die toutologie korrek sal interpreteer.Ten slotte 'n voorbeeld van 'n werklike gesprek tussen twee kollegas. A stap verby B wat by sy bakkie staan op die parkeerterrein van 'n winkelsentrum. Op die bakkie is potte vir potjiekos en sakke vol kole. Na die groetritueel sb A:A: Ek sien julle gaan lekker fees vier. B: Ja, maar werk sal daar gewerk word.Hier word 'n handeling op grond van die konteks as't ware in fokus geplaas, naamlik feesvier wat in die konteks eintlik 'n hiperbool is. B wil die feesvieringe relativeer deur daarop te wyS dat alles nie net 'n plesier is nie, iemand rnoet die potjiekos maak en dis 'n groot werk. Met die toutologie beklemtoon hy dus 'n ander aspek van die feesvieringe, naamlik die werk, sodat dit gelyk staan met diefeesvier en steeds positief klink. Vergelyk:A: Ek sien julle gaan lekker feesvier. B: Ja, maar dis harde werk.wat baie negatief klink.Die voorbeelde illustreer dat die funksies en strategiee waarvoor toutologiee in Afrikaans aangewend kan word nog nie naastenby aangeroer is nie.
scite is a Brooklyn-based organization that helps researchers better discover and understand research articles through Smart Citations–citations that display the context of the citation and describe whether the article provides supporting or contrasting evidence. scite is used by students and researchers from around the world and is funded in part by the National Science Foundation and the National Institute on Drug Abuse of the National Institutes of Health.