INLEIDINGOm nog 'n keer terug te kom op die saak van kerklike en vera! teologiese eie-aardigheid van die Nederduitsch Hervormde Kerk en die agtergronde daarvan, is nie 'n aanduiding dat dit van uitermate belang geag word nie. Immers, dit bly steeds baie belangriker om wat jy werklik is, te leef, as om daaroor te skryf en te praat. Vera! vir 'n gelowige is dit belangrik om wat jy is, met soveel oortuiging en integriteit en tot so 'n bekendheid uit te leef, dat jy dit nie in woorde hoef te formuleer of in konstruksies hoef uit te le nie. Intussen bly dit interessant, vrugbaar en ook onafwendbaar om voortdurend antwoord te kry op die vraag: Wie is ek en waar kom ek vandaan? Dit geld van 'n indiwidu maar ook van die kerk en sy teologie.Die terugskouing op vyf en sewentig jaar van formele Hervormde teologiese opleiding aan die U niversiteit van Pretoria enkele jare gelede het groot dankbaarheid na vore gebring, maar het ook die gedagtes skerp g~rikkel oor die agtergronde van 'n eie teologiese idioom iri die algemeen en die teologiese opleiding in die besonder. Afgesien Naas baie prikkelende fasette en nuanses van teologiebeoefening vanuit die Nederduitsch Hervormde Kerk wat tydens bogenoemde navorsing en skrywery aan die lig gekom het, is daar ook opnuut die besef van hoe moeilik dit is om dinge soos kerklike aard en teologiese idioom in formulerings saam te vat, veral nog as dit gaan om 'n kerk en teologie wat kragtens sy aard steeks is om reglynige uitsprake oor die verhouding van God en mens te maak; 'n teologie wat deurdronge is van die paradokse om vanuit die tyd oor die ewigheid te praat, om die ons~bare te moet s~.Gunning Or) het 'n keer iets van hierdie Hervormde familietrek onder woorde gebring toe hy verantwoording moes afl~ oor waarom hy en geesgenote in die Nederlandse Hervormde Kerk gebly het, ondanks al die verval. Verderaan in hierdie artikel en in 'n opvolgartikel sal ook betoog word dat die ontwikkelingslyn wat Loader saam met ander tussen die etiese en die dialektiese teologiee meen waar te neem, nie houdbaar is nie; dat sterk kerklike verbondenheid juis nie 'n kenmerk van etiese teoloe was nie (met die uitsondering van J H Gunning jr en dan eers as 'n baie laat ontwikkeling by horn in sy beinvloeding deur en toenadering tot Hoedemaker); en dat pietisme en bevindelikheid nie net 'n kenmerk van die meer evangeliese rigting in die etiese teologie was nie (Loader 1989:432), maar wel 'n hoofkenmerk wat die hele rigting deursuur het. Die vrae en voorlopige bevinding wil graag vra vir navorsing en verdere besinning. Dit is noodsaaklik om seker te maak dat tot 'n ewewigte beeld oor ons teologiese verlede en hede gekom word.