Criteria for an Afrikaans learner's dictionary

This article determines the theoretical and practical criteria for an Afrikaans learner's dictionary. The target users of this dictionary is black tertiary students for whom Afrikaans is a second or third language. Such a dictionary should be directed at the needs of the target users, i.e. be a suitable medium for both decoding and encoding. The compilation of the learner's dictionary should chiefly be based upon real language use. This entails a thorough data collection which should contain adequate detail and is presented systematically. The selected information should be understandable and easily retrievable. The dictionary should have an explanatory section. The recording of macrostructural elements should be linguistically motivated. The recording of specific macrostructural elements should be based on the needs of the target users and insights of the lexicographer with regard to interlingual aspects. As far as the microstructure is concerned, adequate pronunciation, grammatical, semantic and usage guidance should be provided.

Hierdie artikel bepaal die teoretiese en praktiese kriteria vir 'n Afrikaanse aanleerderwoordeboek. Die teikengebruikers van hierdie aanleerderwoordeboek is swart tersiêre studente, vir wie Afrikaans 'n tweede of derde taal is. So 'n woordeboek moet op dié teikengebruikers se behoeftes afgestem wees, d.w.s. 'n geskikte medium vir sowel dekodering as enkodering wees. Die woordeboek moet hoofsaaklik gebaseer wees op werklike taalgebruik. Dit behels 'n deeglike materiaalversameling wat voldoende detail bevat en sistematies aangebied word. Die geselekteerde gegewens moet op sodanige wyse verwerk word dat dit maklik ontsluit en verstaan kan word. Die woordeboek moet 'n toeligtingsgedeelte bevat. Die seleksie van makrostruktuurelemente moet linguisties gemotiveer wees. Die seleksie van spesifieke makrostruktuurelemente moet op grond van die teikengebruikers se behoeftes en die leksikograaf se insigte met betrekking tot interlinguale aspekte gebaseer wees. Wat die mikrostruktuur betref, moet voldoende uitspraakleiding, grammatiese leiding, semantiese leiding en gebruiksleiding verskaf word.

In this article an Afrikaans collocation and phrase dictionary for mother-tongue speakers (primary target group) as well as advanced learners (secondary target group) is discussed. The position which such a dictionary occupies among other dictionary types is pointed out. A motivation is also given for the inclusion of idioms and other fixed phrases in the proposed dictionary. The three key approaches with regard to the interpretation of the term collocation are examined, i.e. the text-oriented approach of Halliday and Hasan (1976), the statistically-oriented approach of Sinclair (Collins Cobuild) and the significance-oriented approach of Hausmann (1984). The arguments in this article favour Benson et al.’s (1986) implementation of the significance-oriented approach. Statistical evidence could be used to examine the usage frequency of collocations and phrases. The advantages and/or disadvantages of these approaches are considered. Three types of words and their treatment in the dictionary are discussed: those which have a very wide range of combination, those which have selectional restrictions imposed by general semantic features, and those of which the range of combination is restricted by certain other words. It is argued that only the last two types should be included in this dictionary. As one of the target groups is unsophisticated learners with a limited grammatical background, the ideal would be to enter lexical collocations both at their bases and at the collocators. To save space however, more information such as examples could then be provided at the bases only. Grammatical collocations should be entered at the bases, i.e. nouns, verbs and adjectives. The division of the dictionary articles into two components to meet the needs of both intended target groups, is discussed.

Die struktuur van 'n Afrikaanse kollokasie- en frasewoordeboek

In hierdie artikel word 'n Afrikaanse kollokasie- en frasewoordeboek vir sowel moedertaalsprekers (primêre teikengroep) as gevorderde aanleerders (sekondêre teikengroep) beskryf. Die plek wat so 'n woordeboek inneem naas ander woordeboektipes word uitgewys. 'n Motivering word ook gegee vir die insluiting van idiome en ander vaste uitdrukkings in die voorgestelde woordeboek. Die drie hoofbenaderings met betrekking tot die interpretasie van die term kollokasie word ondersoek, d.i. die teks-georiënteerde benadering van Halliday en Hasan (1976), die statisties-georiënteerde benadering van Sinclair (Collins Cobuild) en die betekenis-georiënteerde benadering van Hausmann (1984). Die voor- en nadele van hierdie benaderings word oorweeg. Die argumente in dié artikel gee voorkeur aan Benson et al. (1986) se toepassing van die betekenis-georiënteerde benadering. Statistiese gegewens sou gebruik kon word om die gebruiksfrekwensies van kollokasies en frases te ondersoek. Drie tipes woorde en hul hantering in die woordeboek word bespreek: dié wat met 'n baie wye r...
Opsomming: Hierdie woordeboek deur P.A. Joubert sal bespreek word aan die hand van die volgende aspekte: die volledigheid van die woordeboek, met inagneming van die teikengebruiker en die beginsels van outentisiteit en tipiesheid, die verwerking van woordeboekinligting om gebruikers se potensiële vrae te beantwoord, die mate waarin inligting vinnig opgespoor en maklik ontsluit kan word, en die formaat en redigering van die woordeboek.Daar word geargumenteer dat dié woordeboek redelik volledig is, maar weens die gebrek aan 'n sistematiese teoretiese onderbou tog enkele leemtes het. Tipiesheid word soms ingeboet deur die opname van baie formele, weinig gebruiklike of verouderde frases, wat ook nie as sodanig geëtiketteer is nie. Inligting kan oor die algemeen maklik opgespoor word, maar vollediger aanduidings in die gids tot die woordeboek oor die plasing van multileksikale lemmas sal opspoorbaarheid verder verhoog. Die formaat en redigering van die woordeboek is goed.Frasewoordeboeke vervul 'n belangrike funksie deurdat daar nie weens 'n hoë inligtingsdigtheid, soos in algemene tweetalige woordeboeke, na inligting oor frases gesoek hoef te word nie. Van 'n aktiewe frasewoordeboek sou 'n mens egter soms meer gebruiksleiding verwag in die vorm van veral voorbeeldsinne en die konsekwente gebruik van etikette.
Die AWS is 'n normatiewe naslaanwerk oor spelling, waarvan die doel is om gebruikers te help met teksproduksie en tekskorrigering. In hierdie artikel word die soekvraag van die potensiële gebruiker as uitgangspunt geneem om die AWS in terme van sy funksies te evalueer. Daar word eerstens gekyk na verskillende moontlike motiverings vir lemmaseleksie. Hoewel korpora nuttig kan wees, moet dit volgens Asmussen (2013:1081) met omsigtigheid geraadpleeg word. By e-woordeboeke kan log-lêer-analise data verskaf oor watter leksikale items deur gebruikers nageslaan word, hoewel dit nie kan bevestig of die gebruikers dit as suksesvolle konsultasie ervaar het nie (Nesi 2013:65). Navorsers soos Wiegand (2001:235), Helbig en Osswald (2013:1141), Barnhart (1967:161), Tarp (2013:463), Storrer (2013:1245) en Müller-Spitzer (2013:369) het die waarde van die soekvraag as belangrike element by die saamstel van naslaanwerke bevestig. Die AWS gee aandag aan 'n wye verskeidenheid tipiese spelprobleme. Die navorser ondersoek dan ook, aan die hand van 40 soekvrae, tipiese vrae wat gebruikers sou kon vra. Daar word bevind dat die AWS tans die meeste van hierdie vrae beantwoord, hetsy in die woordelys of in die spelreëlgedeelte, maar dat daar steeds onbeantwoorde vrae is, veral met betrekking tot kosterme.
Tweetalige Aanleel'del'swool'deboek. Bilingual Learner's Dictionary by Madaleine du Plessis. In this review article the discussion concentrates on the pwpose of leamer's dictionaries, viz. to improve the communicative competence of a foreign language Leamer, and on usage guidance in Leamer's dictionaries. It is pointed out that target users should be clearLy identified and their needs assessed before the dictionary is compiled. The function of the dictionary should also be determined and throughout be taken into account, and the dictionary should ideally be an appropriate medium for both decoding and encoding. It seems as if the T A is a very appropriate medium for decoding, because the vocabulary has been restricted to a fairly simple level, the grammatical information is uncomplicated and the example sentences consist mainLy of words included as headwords. The TA is, however, not altogether an appropriate medium for encoding. Correct pronunciation is not guaranteed, because only syllabification and the main stress are indicated in words. Grammatical guidance is also not given to such an extent that Learners will be able to generate correct sentences on their own. The role that contrastive analysis and error analysis can play to anticipate Learners' problems is also pointed out Example sentences mostly reflect everyday Situations, but not aU example sentences sound natural or reflect typical language usage. Very littLe CA-and EN-collocations are recorded in the TA and the collocations which are recorded, are not treated consistently. Keywords: BILINGUAL LEARNER'S DICTIONARY, CA-COLLOCATIONS, COLLOCA-TIONS, COMMUNICATIVE COMPETENCE, CONTRASTIVE ANALYSIS, DECODING, ENCODING, EN-COLLOCATIONS, ERROR ANALYSIS, EXAMPLE SENTENCES, GRAM-MATICAL GUIDANCE, LABELS, PRONUNCIATION GUIDANCE, PURPOSE OF DICTIO-NARY, TARGET USERS, USAGE GUIDANCE, USAGE NOTESOpsomming: In hierdie resensieartikel konsentreer die bespreking op die doel van aanleerderwoordeboeke, nl. om die niemoedertaalspreker se kommunikatiewe vermoe te verbeter, en op gebruiksleiding in aanLeerderwoordeboeke. Daar word gewys op die feit dat teikengebruikers duidelik vasgestel en 'n behoeftebepaling voor die saamstel van die woordeboek gedoen moet word. Die funksie van die woordeboek moet duidelik vasgestel en deurgaans in aanmerking geneem word en die woordeboek moet, ideaal gesien, 'n geskikte medium vir sowel dekodering as enkodering wees. Dit wil voorkom asof die T A 'n besonder geskikte medium vir dekodering is, aangesien die woordeskat eenvdudig is, die grammatiese inligting nie ingewikkeld is nie en die voorbeeldsinne hoofsaak1ik bestaan uit woorde wat as trefwoorde opgeneem is. Die TA is egter nie deurgaans 'n geskikte medium vir enkodering nie. Korrekte uitspraak word nie verseker nie, aangesien slegs lettergreepverdeling en die hoofk]em in woorde aangedui word. Grammatiese lei- (dated 2011) Reproduced by Sabinet Gateway under licence granted by the Publisher
Opsomming: Bijbels lexicon is 'n Nederlandse leksikon wat woorde en uitdrukkings bevat wat aan die Bybel ontleen is en wat ná 1945 nog bekend was. Die teikengebruikers van hierdie leksikon is waarskynlik persone wat graag die Bybel lees en diegene wat belangstel in die oorsprong en agtergrond van die Nederlandse taal. Die inleiding tot die leksikon bevat baie inligting, onder andere oor hoe die leksikon saamgestel is, 'n uiteensetting van tipes leksikale items en motivering vir lemmakeuses en tydvak wat gedek word, hoe om leksikale items na te slaan, ens. Selfs niegelowiges sal die leksikon kan gebruik, aangesien die inleiding ook agtergrondsinligting in blokvorm bevat, nl. 'n uiteensetting van die inhoud van die Bybel, en inligting oor Nederlandse Bybelvertalings, spreekwoordversamelings en Bybelse name. Die voordele van hierdie leksikon is dat dit slegs huidige gebruiksvoorbeelde bevat en daarom dus neologismes en veranderde betekenisse akkommodeer. Hoewel die outeurs in enkele gevalle afwyk van die terminologie vir verskillende tipes leksikale items, soos deur hulle self omskryf, is die hantering van woordeboekartikels oor die algemeen baie konsekwent en inligting is maklik toeganklik. Die waarde van die leksikon sou moontlik verder verhoog kon word deur die gebruik van meer kruisverwysings.
OTTO-AN@pelican.vista.ac.zaThe teaching of collocations to foreign language learners of Afrikaans within the South African tertiary context. In this article answers to three questions with regard to the teaching of collocations are oflered: (a) Should collocations be taught to foreign language learners? (b) Which collocations should be taught? (c) How should collocations be taught? In this article it is argued that collocations should be taught. This argument centres mainly around the arguments of Bahns (1993) and Gough (1996). Bahns (1993) suggests a contrastive approach, whereby the number of collocations to be taught can be reduced and where the focus is on rectifying those errors which arise as a consequence of the influence of the learner's mother tongue. This approach requires that students shouldfirst be made aware of the concept collocation. In the second phase students are expected to identifj, collocations. To succeed in this regard, Bahns (1993) believes that exercises should be done. He proposes three types of exercises which will be discussed. Bahns furthermore emphasizes the fact that students' knowledge of collocations should be tested. Gough (1996) favours an approach that is less concerned with strictly theoretical insights. Together with his students, he developed a series of activities which is learner-centred and which focusses on contextual substitution. It is argued that, within the South African tertiary context, Bahns's suggestions should be supplemented with Gough's ideas.In hierdie artikel word antwoorde op drie vrae met betrekking tot die onderrig van kollokasies aangebied: (a) Behoort kollokasies aan niemoedertaalsprekers onderrig te word? (3) Watter kollokasies behoort onderrig te word? (c) Hoe behoort kollokasies onderrig te word? In die artikel word geargumenteer dat kollokasies we1 onderrig behoort te word. Hierdie argument is veral gebaseer op die sienings van Bahns (1993) en Gough (1996. Bahns stel 'n kontrastiewe benadering voor, wat impliseer dat die getal kollokasies wat onderrig word, vemzinder en dat gekonsentreer word op daardie kollokasies wat weens moedertaalinvloed verkeerdelik gebruik kan word. Hierdie benadering vereis dat studente eers bewus gemaak moet word van die konsep "kollokasie". In die tweede fase word van studente verwag om seIfkollokasies te identlfiseer. Om hiermee sukses te behaal, glo Bahns dat oefeninge gedoen behoort te word. Hy S. Afr. Tydskr. Taalk., Supp1.35 99
scite is a Brooklyn-based organization that helps researchers better discover and understand research articles through Smart Citations–citations that display the context of the citation and describe whether the article provides supporting or contrasting evidence. scite is used by students and researchers from around the world and is funded in part by the National Science Foundation and the National Institute on Drug Abuse of the National Institutes of Health.
hi@scite.ai
10624 S. Eastern Ave., Ste. A-614
Henderson, NV 89052, USA
Copyright © 2024 scite LLC. All rights reserved.
Made with 💙 for researchers
Part of the Research Solutions Family.