Read online:Scan this QR code with your smart phone or mobile device to read online.Die doel van hierdie studie was om 'n bestaande, maar uiters verouderde belangstellingsvraelys (Rothwell-Miller-belangstellingsvraelys [RMBV]) aan te pas. In die eerste fase is vier provinsies by wyse van doelsteekproeftrekking geselekteer: een stedelik en drie plattelands of semiplattelands. In fase twee is 'n steekproef van 518 Graad 11-leerders met behulp van doelsteekproeftrekking geselekteer (gemiddelde ouderdom [x] manlik = 17.52 jaar, vroulik = 17.39 jaar; standaardafwyking [s] manlik = 0.97 jaar, vroulik = 0.93) in agt skole, verdeel volgens onderrigtaal (Afrikaans/Engels) en streek (stedelik/plattelands/semiplattelands). Statistiese analises het die vasstelling van betroubaarheid ingesluit by wyse van die berekening van Cronbach se α, asook die halfverdelingsmetode. Die data is verder geanaliseer by wyse van statistiese tegnieke soos t-toetse, ANOVA, asook Tukey se Honest Significant Differencetoets (HSD). Die resultate word bespreek en die gevolgtrekking word gemaak dat hoewel die aangepaste vraelys tot 'n nuttige instrument vir gebruik in Suid-Afrika ontwikkel kan word, verdere navorsing eers nodig is.
Adaptation and implementation of the Rothwell-Miller Interest Blank.The aim of this study was to adapt an existing but extremely dated interest questionnaire, the RothwellMiller Interest Blank (RMIB). In the first phase, four provinces were selected purposively: one urban and three rural or semirural. Secondly, a purposeful sample of 518 Grade 11 learners in eight schools was selected (mean age [x] Male = 17.52 years, Female = 17.39 years; standard deviation[s] Male = 0.97 years, female = 0.93), divided according to medium of instruction (Afrikaans/English) and area (urban/rural/semirural area). Statistical analyses included determining of reliability by calculating Cronbach's α and the split-half reliability. The data was further analysed by means of statistical techniques including t-test, ANOVA and Tukey's HSD. Results are discussed and the study concludes that although the adapted questionnaire could be a valuable instrument for use in South Africa, further research is required.
Inleiding Beroepsvoorligting in 'n vinnig veranderende wêreldDie wêreld van werk verander deurgaans. Tewens, dit verander tans vinniger as ooit tevore in die geskiedenis, en werksomgewings word gevolglik toenemend minder stabiel. Die invloede wat die hedendaagse ekonomiese realiteite en die veranderende werkswêreld op die praktyk van beroepsvoorligting uitoefen, is oral te bespeur. Werkers word al minder permanent aangestel, bevind hulle al hoe korter in beroepe terwyl onsekerheid oor hul toekoms in bepaalde organisasies toeneem. Korttermynopdragte is aan die orde van die dag (Aswathappa 2005). Terwyl sommige beroepsrigtings verdwyn, verskyn ander voortdurend. Hierdie veranderinge stel noodwendig hoë en toenemend hoër eise aan werkers, maar veral aan leerders (insluitend skoliere, studente, voornemende werkers en werksoekers) en derhalwe ook ...