“…Hierdie terrein is nog onontgin binne die gereformeerde tradisie(Coetzee 2014;Smit & Vorster 2000; Stanley 2017:15-22). Dit kan moontlik as verduideliking aangevoer word waarom die buite-kerklike postmoderne mens nie deur gelowiges voor die lewende Christus gestel kan word nie.Deur hierdie anderse stuwing in die samelewing, word die evangelisasieterrein nie net deur verstedeliking en globalisering tot op die voorstoep van die kerk gebring nie (Van Helden 2010:167), maar ook tot binne-in die kerk waar die skeptieswordende mens met sy of haar denke dalk nog in die kerk sit, of waar ook al hierdie mens aan Christendenke blootgestel word(Kinsey 2017:416-419).Van der Merwe et al (2013:1-12) noem dat die skeptiese mens 'n baie diep nood vertoon -'n nood om sinvolheid te beleef, om as mens deel te wees tussen ander, om 'n bydrae te lewer, om deel van die groter volhoubare prentjie te wees en om God te dien deur ander op konstruktiewe wyse te betrek (Stanley 2017:15-22).…”