“…In hierdie literatuurstudie gaan daar 'n evaluering van die rol van die onderwysersgids in die Nasionale Kurrikula van die afgelope drie dekades gegee word. (Anker, Helm, Hugo, Klopper, Verhoef & Van Heerden, 1987;De Klerk & Van L Sadie 1975;Eksteen, Van Aardt & Combrink, 1974) met lang lyste en reekse oefeninge, reëls, woordeskatuitbreiding, uitdrukkings, idiome, afkortings, voorsetsels en dies meer, was die norm. 'n Onderwysersgids wat die onderwyser ten opsigte van metodiek begelei, was onnodig, aangesien 'n onderwysergesentreerde benadering sinoniem was met die "doodse vraag-en-antwoord-onderwysmetode" en "leer-dit-uit-jou-kop-benadering" (Botha, Esterhuyse, Gouws, Links & Pienaar: 2).…”